Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / Bettysbaai Brand

Bettysbaai Brand

'n Vuur het Woensdagaand deur Bettysbaai gewoed en twee huise is verwoes.

Dayne Elizabeth Nel

Bettysbay Fire

Photo: Melissa Bradley

"Die vuur het so 19:20 begin," sê Reinard Geldenhuys, woordvoerder op die toneel. "Ons het dit net voor son-op onder beheer gekry.

"Niemand is beseer nie, en daar is geringe skade aan ander eiendomme."

Een huis is teen 23:00 deur die vlamme verwoes. 

Omstreeks 03:30 moes inwoners ontruim. 

"Die vuur het sowat een kilometer vanaf ons huis begin," sê Marie le Roux, 'n Bettysbaai inwoner. "Stormsterk wind het dit aangedryf in rigting van ons huise. Ek het dadelik besef hier kom groot moeilikheid."

Le Roux sê dat hulle die sproeiers aangesit het en hul hout huis nat te spuit. 

"Later het ek gesien ons sal nou moet ontruim.

"Dit het reg om ons huis gebrand. Ons is darem nou veilig tuis.  Moeg, maar daankbaar vir almal se gebede, oproepe en hulp," sê Le Roux. 

Volgens Le Roux is daar tydens die ontruiming by haar vriending se huis ingebreek.

"Hulle het al my buurvrou se juwele en ander waardevolle goed gesteel," sê sy. 

Die vuur is Donderdagoggend onder beheer gekry, net voor die reën begin val het. 

Inwoners het fotos van die vuur op sosiale media geplaas.

 

Daar was ook 'n beheerde brand op Houw Hoek pas, wat die brandweer weens die slegte weer omstandighede. 

Kliek hier vir nog fotos van die brand. 

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box