Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / Hermanus Vullisterrein Vaar die Beste

Hermanus Vullisterrein Vaar die Beste

Deur Lambert de Klerk AfriForum Assistent-koördineerder: Wes-Kaap

AfriForum het vanjaar 53 vullisterreine in al 9 provinsies geoudit as deel van hul nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Só vergelyk die Wes-Kaap se beste vullisterreine met die swakste:

Beste

Persentasie

Swakste

Persentasie

Hermanus

92%

Ladismith

36%

Belville

80%

Oudtshoorn

40%

 

 

Klawer

60%

 

Die oudit bestaan uit ʼn vraelys van 25 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangbeheer, vure, mediese afval, omheining, rehabilitasie, ens. in. ʼn Vullisterrein moet minstens 80% kry om aan wetgewing te voldoen. 

Lambert de Klerk, assistentkoördineerder van AfriForum, sê vyf vullisterreine is in die provinsie geoudit, waarvan slegs twee aan die minimum vereistes voldoen. 

“Dit verklaar waarom grondwater besoedel is en mediese afval en digte rookwolke ons stede besoedel,” sê De Klerk.

AfriForum het aanmaningsbriewe aan die munisipaliteite - waarvan die vullisterreine nie op standaard is nie - gestuur. Die burgerregte-organisasie het aksieplanne en doelwitdatums versoek wat in plek gestel moet word om te verseker dat die vullisterreine wettig en omgewingsvriendelik bestuur word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen skuldige munisipaliteite.


 

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box