Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / Misdaad in Hemel-en-Aarde Vallei

Misdaad in Hemel-en-Aarde Vallei

Dayne Elizabeth Nel - Twee mans is beseer na hulle inwoners van ʼn plaas in die Hemel-en-Aarde vallei beroof het.

Volgens Sersant Mazuthu van Hermanus SAPD het vier mans ʼn ouer paartjie gisteraand beroof van kontant.

Hulle het inderhaas probeer wegkom, en was in ʼn motorongeluk by die Volmoed-draai in die vallei.

Twee beweerde beseerde rowers is in hegtenis geneem, maar nog twee rowers is per voet op vlug.      

“Mens moet nou meer paraat wees as gevolg van waar mens geleë is,” sê Gawie de Kock wie in die Hemel-en-Aarde vallei bly.

“Ek dink nie dis die einde van die storie nie. Ons gaan nou in ʼn verkiesingstyd in, so mens sal maar moet kyk wie aan bewind kom.

“Maar dit is die weerlose mense wie in die meeste gevaar is.”

“Ons het net laasweek ʼn vergadering gehad oor veiligheid in die vallei, maar daar was net nege plaasbestuurders en eienaars,” sê Danie van Zyl van Rural Safety.

“Ons sukkel om die samewerking van die vallei te kry.

“Ons het ook gesê dat dit ʼn kwaai insident gaan kos voordat mense belang gaan stel in veiligheid, en dié voorspelling het nou ongelukkig waar geword,” sê hy.

“Dit is jammer dat dit gebeur het, maar ons wil hê mense moet betrokke raak.”

Van Zyl sê ook dat die burgerregte-organisasie AfriForum, sowel as die Overstrand Munisipaliteit hul steun aan Rural Safety gegee het.

“Dit bevestig presies wat ek laas week vir die boere gesê het,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. “Die Wes-Kaap is ʼn ticking time-bomb.

“Misdaad gaan nie net in die noorde van die land bly nie en boere is sagte teikens.

“Daar moet ʼn kommunikasiestelsel wees. Dit help nie daar’s kameras maar mense kan nie kommunikeer nie. Dus is die handradio’s baie belangrik.

“Saam met die kameras en radio’s fokus ons ook op insidentbeheer.”

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box