Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / Munisipaliteit tree op na waarskuwing van AfriForum

Munisipaliteit tree op na waarskuwing van AfriForum

Overstrand Munisipaliteit skenk dringende aandag aan Onrus-water na AfriForum se bevindinge.
AfriForum het Februarie vanjaar verskeie klagtes van bekommerde inwoners ontvang oor rioolwater wat in die see by die Onrus-woonbuurt inloop. AfriForum het gevolglik watertoetse gedoen en bevind dat die water met E. coli besmet is, wat verwoestende gevolge vir enigeen wat daar swem inhou. Volgens Stefan Pretorius, provinsiale koördineerder vir AfriForum in die Wes-Kaap is die uitslae van die toetse aan die munisipaliteit deurgegee, wat opgetree het om die probleem op te los.
 
Die Overstrand Munisipaliteit skenk tans dringende aandag aan die probleem en het ook kennisgewingborde opgerig om die publiek te waarsku.
 
“Dit is weereens lekker om te sien dat burgerregte-organisasies en plaaslike regering kan saamwerk om probleme op te los. AfriForum wil die Overstrand Munisipaliteit bedank vir hulle optrede en dat hulle die situasie met erns hanteer. Ons is seker dat die probleem spoedig opgelos gaan word en dat ons in die toekoms nog beter kan saamwerk,” het Stefan Pretorius, provinsiale koördineerder vir AfriForum in die Wes-Kaap gesê.
 

Sluit aan by AfriForum, SMS jou dorp se naam na 45265. (R1.50)

Filed under:
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box