Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Municipal News / Sandbaai Riool: Hier is die inligting

Sandbaai Riool: Hier is die inligting

Ons het baie vrae van luisteraars gehad oor die riool by Sandbaai se strand. Hier is wat Mike Bartman adjunk direkteur van operasionele dienste van die Overstrand Munisipaliteit sê:

 

Gedurende die jongste verlede is probleme ondervind by die Sandbaai  rioolpompstasie wat  aangrensend Kusweg gelee is en wat aanleiding gegee het tot verskeie klagtes/navrae vanaf die publiek.

Die betrokke rioolpompstasie bedien die hele Sandbaai, en pomp riool hiervandaan na die rioolsuiweringswerke. Die pompstasie is ongeveer 15 jaar oud en beskik oor n diens pomp sowel as n bystand pomp.

Hiernaas volg ‘n opsomming van insidente wat  in die onlangse verlede ondervind is.

  • Op 26 Februarie 2014 het die pompstasie oorgeloop as gevolg van ‘n foutiewe pomp, die pomp is verwyder vir herstelwerk (op 06 Maart is die pomp wat herstel is, weer geinstalleer). Die bystand pomp was intussen in bedryf.
  • Op Maandag 03 Maart 2014 het die pompstasie weer oorgeloop as gevolg van ‘n elektriese fout, wat dieselfde dag herstel is.
  • Op Woensdag 05 Maart 2014 het die pompstasie weer oorgeloop as gevolg van ‘n foutiewe tydskakelaar wat daardie middag herstel is
  • Op Vrydag 07 Maart 2014 het die pompstasie weer oorgeloop nadat ‘n elektriese skakelaar vasgebrand het. Die skakelaar is vervang en die pompstasie was weer inwerking gestel dieselfde dag.

Sedertdien funksioneer die pompstasie goed.

Die onmiddelike omgewing van die pompstasie (gedeelte van die kus) is afgekamp op aanbeveling van die omgewings beampte.

Die meerderheid van die insidente is veroorsaak deur elektriese en elektroniese probleme wat op die elektriese skakeltuig ondervind word.Dit is ook baie moeilik om hierdie tipe foute vroegtydig op te spoor. Die feit dat hierdie pompstasie teenaan die see gelee is veroorsaak baie meer as normale verwering wat  onderhoud bemoeilik.

Desondangs bogenoemde is die volgende maatreels in plek in n poging om rioolstortings by pompstasie te verhoed

    1. Pompstasies word daaglikse ge-inspekteer.
    2. Riool pompstasies word deurlopend deur middel van n telemetrie stelsel gemonitor met personeel wat bystand personeel uitroep soos nodig.
    3. Diensverskaffer is aangestel om herstelwerk van pompstasies te bespoedig
    4. Geskeduleerde voorkomende onderhoud  word elke 4 maande op alle riool pompstasies gedoen
    5. Die Raad het gedurende die huidige finansiele jaar R2 miljoen begroot vir die opgradering van bestaande rioolpompstasies om juis hierdie tipe van voorvalle te minimaliseer. Tenders hiervoor het reeds gesluit en word eersdaags toegeken.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box